Wes-Kaapse sneeu: reddingspanne was druk besig

Wildernis Soek-en-reddingspanne sê sneeu oor die naweek op die Wes-Kaapse berge het hulle gister besig gehou. Die koördineerder, Johan Marais, sê hulle het ‘n oproep ontvang om ‘n persoon met ‘n beenbesering by Mont Rochelle op die Franschhoekpas te gaan help. Nood-helikopterpersoneel het die pasiënt gewaar en veilig op die pas geland waarna paramedici die pasiënt behandel het. Die helikopter-span moes daarna dadelik aandag gee aan iemand op die Matroosberg ski-hange wat ook sy been beseer het.