Wes-Kaapse Rampbestuursentrum gereed vir swaar storms

Die LUR vir omgewingsake, Anton Bredell, sê die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum is op hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n weerwaarskuwing dat ‘n swaar storm die provinsie môre sal bereik. Die LUR se woordvoerder, James-Brent Styan, maan inwoners om eerder nie in die ongure weerstoestande te reis nie. Hy sê talle streke in die provinsie moet gereed maak vir ysige weer, swaar reënneerslae en sterk wind.