Wes-Kaapse polisie konfiskeer perlemoen van R2,4 miljoen in die Overberg

Die Wes-Kaapse polisie het in die Overberg beslag gelê op perlemoen met ‘n geraamde straatwaarde van 2,4 miljoen rand. Lede van die Overberg-groep was met ‘n misdaadvoorkomings-operasie besig toe hulle inligting ontvang het oor ‘n voertuig wat van Buffeljagsrivier na Stanford op pad was. Hulle is inderhaas daarnatoe maar toe die bestuurder agterkom die polisie is op sy spoor, het hy probeer wegjaag. Die man het egter beheer verloor oor die voertuig en dit het in ‘n sloot langs die pad beland. Hy het te voet op die vlug geslaan.