Wes-Kaapse plaasgemeenskap kan ingeënt word

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Theewaterskloof-gebied het uitgevind dat ‘n groot deel van die plaasgemeenskap in die gebied vir inenting kwalifiseer. Die departement het plaaseienaars gekontak en ‘n forum gestig. Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê hulle is dankbaar dat die plaaslike gesondheidspan nou al meer as 500 mense in die Overbergse plaasgemeenskappe ingeënt het.