Wes-Kaapse LUR verwelkom Appèlhof se beslissing

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, verwelkom die Appèlhof se beslissing teen die ouditeur-generaal. Laasgenoemde het geappelleer teen ‘n vroeëre beslissing van die Wes-Kaapse hooggeregshof in die guns van die departement. Meyer sê die departement het die hooggeregshof se ingryping gevra ná verskeie mislukte pogings om die geskil oor oordragbetalings met die ouditeur-generaal by te lê.