Wes-Kaapse LUR beïndruk met Wetstoepassingsbevorderingsplan

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê waar ook al die Wetstoepassingsvorderingsplan, ook bekend as LEAP, regoor die provinsie ingestel is, word die uitwerking op misdaad gesien en gevoel. LEAP-beamptes het 176 verdagtes vir uiteenlopende oortredings in hegtenis geneem. Allen sê die suksesse sal aan die minister van polisie, Bheki Cele, bewys bykomende bronne is nodig en welverdiend.