Wes-Kaapse leerders dalk 26 Julie terug skool toe

Die Wes-Kaapse staande komitee oor onderwys het vergader om die provinsie se onderwysdepartement se gereedheid te bespreek vir die volle heropening van laer- en spesiale skole se leerders in graad R tot 7. Die Suid-Afrikaanse pediatriese vereniging beveel aan dat leerders op 26 Julie terugkeer skool toe. ‘n DA-woordvoerder, Lorraine Botha, sê volgens ‘n opname van die onderwysdepartement kan 328 skole 100 persent leerders hanteer terwyl hulle Covid-19-protokol nakom.