Wes-Kaapse landbou presteer weer

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê die landbousektor se prestasie in die tweede kwartaal vanjaar is bemoedigend. Op nasionale vlak het landbou, wat bosbou en visserye insluit, met 4,2-persent gegroei en 0,1-persent tot die bruto binnelandse produk bygedra. Meyer sê die provinsiale landbousektor is uitvoer-gerig en dra gemiddeld meer as 50-persent by tot Suid-Afrika se nasionale landbou-uitvoere: