Wes-Kaapse K-9 woefs se byt is erger as blaf

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagan Allen, sê die Swartlandse en Overstrand K-9-polisie-eenhede het tussen April en Junie vanjaar bewys hulle byt is aan die Weskus- en Overbergdistrik erger as hulle blaf. Allen sê die eenhede het verseker dat 236 mense vir verskeie misdade in hegtenis geneem kon word, en het ook gehelp met die opsporing van groot hoeveelhede onwettige goedere soos dwelms, wat ‘n groot kopseer in Wes-Kaapse gemeenskappe is: