Wes-Kaapse drankowerheid voer 13 000 inspeksies uit

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die Wes-Kaapse drank-owerheid moet geloof word nadat alle gelisensieerde persele waar drank verkoop mag word die afgelope jaar nagegaan is. Dis die eerste keer wat die owerheid dit kon regkry. In sommige gevalle is gelisensieerde verkooppunte meer as een keer besoek. Allen sê meer as 13 000 inspeksies is tussen Desember 2021 en Desember 2022 uitgevoer by die 9 098 persele wat teen April 2022 lisensies ontvang het.