Wes-Kaapse damme vol

In die Wes-Kaap het die gemiddelde vlakke van damme na 81,42 persent gestyg teenoor verlede jaar die ooreenstemmende tyd se 71,7 persent. Damme wat Kaapstad van water voorsien is nou 101,7 persent vol waar dit in 2016 slegs 56 persent vol was. James-Brent Styan, mediaskakelbeampte vir die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake, is aan die woord.