Wes-Kaapse DA soek antwoorde oor verligtingsfondse vir kunstenaars

Die DA in die Wes-Kaap het aan die nasionale departement van kuns en kultuur geskryf om inligting te vra oor die volle omvang van die wanbestuur van verligtingsfondse vir kunstenaars wat deur die Covid-19-pandemie geraak is. Die party se woordvoerder vir kultuursake, Reagen Allen, sê die provinsie wil weet hoeveel geld verkeerdelik toegeken en hoeveel Wes-Kaapse kunstenaars hierdeur geraak is. Allen soek ook antwoorde oor die regering se planne om die geld terug te kry en te herverdeel.