Wes-Kaap wil Covid-beperkings verslap

Die Wes-Kaap kan dalk binnekort beperkings verslap te midde van berigte dat die provinsie se derde Covid-hoogtepunt besig is om verby te gaan. Premier Alan Winde het onlangs bekend gemaak sterftes en mense wat weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem word, daal bestendig. Winde sê dis tyd om beperkings te verslap sodat die werkloosheidskrisis hanteer kan word. Hy sê in ‘n verklaring hy gaan ‘n versoek aan President Cyril Ramaphosa rig om die Wes-Kaap so gou moontlik na Vlak 2 te skuif. Hy sê dit beteken alkoholverkope oor naweke, ‘n later aandklokreël en meer mense by byeenkomste.