Wes-Kaap: Wetstoepassers gaan die naweek waaksaam wees

Wetstoepassingsagentskappe in die Wes-Kaap sal die naweek ekstra waaksaam wees en seker maak hospitale word nie oorval met trauma-gevalle nie. Dit is volgens die provinsie se premier, Alan Winde, wat tydens ‘n nuuskonferensie die publiek gevra het om druk op die openbare gesondheidsdienste hanteerbaar te hou. Winde sê hy het met die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Alfred Fritz, en munisipale owerhede vergader om ‘n streng program vir die komende naweek te ontwikkel.