Wes-Kaap vra vir voorkeur aan polisiëringsbehoeftes

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het na afloop van ‘n vlaag moorde in die Wes-Kaap verlede naweek, ‘n beroep op die nasionale regering gedoen om meer polisielede in die provinsie te ontplooi. Vier mense is die naweek in Wellington dood, en gemeenskapslede in die Paarl het ‘n verdagte se motor en huis aan die brand gesteek nadat die liggaam van ‘n 27-jarige vrou ontdek is. Die LUR se woordvoerder, Wade Seale, sê die minister van polisie, Bheki Cele, moet voorkeur gee aan polisiëringsbehoeftes in die Wes-Kaap.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *