Wes-Kaap verwag slegs drie persent ekonomiese groeikoers

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, sê die provinsie kan vanjaar ‘n ekonomiese groeikoers van net onder drie persent verwag. Sy verslag oor die provinsiale ekonomiese oorsig en vooruitsig, dui aan die Wes-Kaapse toerisme- en gasvryheidsbedrywe het gely weens Covid-19-beperkings. Maynier sê dit is tyd om hierdie bedrywe oop te stel om ekonomiese groei in die provinsie weer te laat opvlam.