Wes-Kaap skep meer as 29 000 behuisingsgeleenthede

Die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings het binne net meer as twee jaar meer as 29 000 behuisingsgeleenthede in die provinsie geskep. Die LUR, Tertuis Simmers, het hierdie aangekondig gemaak ter viering van Wêreld-habitatdag. Simmers sê dit is van kritieke belang sy departement vind deurlopend ‘n wye verskeidenheid keuses om aan mense te bied. Hy sê hul kreatiewe benadering tot behuising is geskoei op die skep van oplossings.