Wes-Kaap onderteken ooreenkoms om breëbandtoegang te verbeter

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het vandag ‘n ooreenkoms met die Amerikaanse Handel- en ontwikkelingsagentskap onderteken om ‘n uitvoerbaarheidstudie te doen oor die uitbreiding van breëband-infrastruktuur in die provinsie. Dit sal na verwagting die provinsie se doelwit bevorder om elke dorp met bekostigbare hoëspoed breëbandnetwerke te verbind. Todd Haskell van die agentskap sê hulle poog om ekonomiese geleenthede te skep en wedersydse welvaart te bevorder. Winde hoop die belegging sal entrepreneurs help om hul ondernemings te vestig en uit te bou.