Wes-Kaap kry beleggings van R17,9 miljard vir hernubare energie

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsie het in die afgelope 10 jaar die tweede hoogste vlak van regstreekse buitelandse belegging in die hernubare energie-sektor ontvang in vergelyking met ander sektore. Sy sê volgens FDI Intelligence 2022 het die sektor tussen 2011 en 2021 met elf projekte 17,9 miljard Suid-Afrikaanse rand gelok.