Wes-Kaap goed toegerus om nuwe Covid-variante op te spoor

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê wetenskaplikes in die provinsie is goed toegerus om nuwe variante van Covid-19 op te spoor en gouer daarop te reageer. Dit, na Suid-Afrikaanse navorsers aangekondig het dat hulle ‘n nuwe Covid-variant van moontlike belang geïdentifiseer het. Die variant is opgespoor deur genomiese monitering van die virus, tydens die derde vlaag van die pandemie. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.