Wes-Kaap dankbaar dat Britse rooilys heroorweeg word

Die LUR van Finansies en Ekonomiese Geleenthede in die Wes-Kaap, David Maynier, sê berigte dat die Britse regering Suid-Afrika waarskynlik dié week nog van sy rooilys gaan verwyder, is goeie nuus vir die toerisme- en gasvryheidsbedryf. Brittanje beplan om sy reisbeperkings te hersien. Maynier sê hulle het baie moeite gedoen om die saak met al die sleutelpersone in die besluitnemingsproses plaaslik én in Brittanje te bespreek omdat die besluit om Suid-Afrika op die lys te hou duidelik onregverdig is: