Wes-Kaap beklemtoon weer landbou vir landelike munisipaliteite

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê landbou is die mededingendste deel van die ekonomie in die vyf landelike distriksmunisipaliteite. Die sektor bied werksgeleenthede wat 14,4 persent van alle poste in die provinsie verteenwoordig. Die departement het ʼn tweedaagse beraad aangebied met die fokus op belangrike kwessies wat ʼn invloed op die plaaslike regering in die gebied het. Volgens Meyer speel die departement ʼn deurslaggewende rol as fasiliteerder op alle vlakke tussen die landbousektor en munisipaliteite: