Werklose jongmense bestee baie om werk te soek

‘n Opname deur Youth Capital in Suid-Afrika toon aan dat werklose jeug in die buurland groot bedrae geld bestee om werk te soek. Terwyl daar geen syfers plaaslik beskikbaar is nie, blyk dit om ook die geval in Namibië te wees. Volgens die bevindinge van die ondersoek in Suid-Afrika bestee jongmense soveel as 1 000 Suid-Afrikaanse rand per maand om werk te soek. Youth Capital se projekleier, Kristal Duncan-Williams, sê die helfte word bestee aan data en die res aan vervoer en ander uitgawes: