Werkloosheid in Namibië bly ‘n uitdaging

Die werkloosheidskoers in Namibië is waarskynlik baie hoog as gevolg van impak van die Covid 19-pandemie. Volgens die aantal Namibiërs wat voor die pandemie werkloos was, was dit al reeds relatief hoog. Maar afgesien van die Covid 19-impak, waarom vaar die regering en die private sektor nie goed om die kwessie van werkloosheid in die land te takel nie? Dit is die vraag wat Kosmos 94.1-nuus aan die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgwers-federasie, Tim Parkhouse, gevra het. Hy het gesê het die stelsel om ondernemings in Namibië te vestig, moet vereenvoudig word.