Werkgewers mag nie werknemers dwing vir intenting

Dit blyk dat gerugte van pogings om mense te dwing om teen die Covid-virus ingeënt te word, nie net in Namibië opgeduik het nie. In Suid-Afrika is soortgelyke gerugte waar werkgewers glo hul werknemers dwing om vir inentings te gaan. Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het gesê niemand sal gedwing word om ingeënt te word nie en niemand sal verbied word om skool toe te gaan, omdat hulle nie ingeënt is nie.