Werkers van SA Inkomstediens gaan voort met staking

Werknemers by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verbonde aan die Vereniging van Staatsamptenare en Nehawu gaan voort met hul staking vanaf vandag soos die belastingseisoen begin. Inkomste-kundiges het gewaarsku die staking kan lei tot die onder-invordering van belasting en moontlik skade aan die ekonomie berokken. Volgens die Vereniging van Staatsamptenare se nasionale bestuurder, Claude Naicker, het die vakbonde die hersiene aanbod van sowat 1,39 persent verwerp. Naicker sê die staking sal voortduur totdat die Inkomstediens ‘n beter aanbod maak.