Werkers in visbedryf soek meer kwotas

Werknemers en bestuur van Princess Brand Processors en Gendev by Walvisbaai hou vandag ‘n protesoptog teen die Konfederasie van Namibiese Vissersverenigings. Die groep versoek meer visvangkwotas of dat die ministerie van visserye hulle sal toelaat om vis in die beperkte 200 meter-sone te vang. Die werkers sê weens ’n gebrek aan kwotas is hul salarisse met die helfte gesny. Die voorsitter van die konfederasie, Matti Amukwa, het ‘n beroep op die ministerie gedoen om nie toe te laat dat visvang in die beperkte sone plaasvind nie, omdat drie kommersiële visspesies in die gebied broei.