Wêreldolifantdag: Stropery neem in Namibië af

Wêreldolifantdag word vandag herdenk wat die beskerming en bewaring van grootvoete ten doel het. Uitdagings vir olifantbewaring is onwettige stropery en handel in ivoor. Olifantstropery in Namibië het volgens die omgewingsministerie afgeneem met die jongste syfers van vier olifante wat tot dusver vanjaar gestroop is. In Namibië is mens-olifant-konflik ook een van die uitdagings. Dr. Betsy Fox van Elephant Human Relations Aid, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.