Wêrelddag vir Inheemse Mense vandag herdenk

Vandag sluit Namibië by die res van die wêreld aan om die Internasionale Dag van Inheemse Mense te herdenk onder die tema “Inheemse Jeug as Agente van Verandering vir Selfbeskikking. Die herdenkings vir vanjaar word tans in die noordelike dorp Outapi in Omusati-streek waargeneem. Kaleni Fernando, ‘n San-aktivis het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en het gesê hulle is nie bewus van die herdenking van so ‘n dag nie.