Wêreldboere vergader die komende week

Die 2022 Wêreldboere-organisasie se algemene vergadering vind vanaf Dinsdag tot Vrydag in Boedapest, Hongarye, plaas. Die geleentheid word in samewerking met die Hongaarse Landbou-kamer gereël. Die vergadering verteenwoordig ‘n unieke byeenkoms vir die wêreldwye boeregemeenskap. Hulle vergader om visies en idees te bespreek oor uitdagings en geleenthede wat die landbousektor op wêreldvlak kenmerk. Dr. Theo de Jager, die president van die organisasie het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die impak van die Russiese-Oekraïnse oorlog onder die loep sal kom, veral in verband met grane en sonneblomsaad.