Wêreld se oseane vervaardig 50% van ons suurstof

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê dit is pynlik om te sien hoe hulpbronne in die oseane en biodiversiteit deur mense se bedrywighede vernietig word. Vandag is Wêreld Oseane-dag, met die tema: “Vernuwing: Gesamentlike optrede vir die oseane”. Die oseane vervaardig minstens 50 persent van die planeet se suurstof. Guterres sê om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te haal, asook die mikpunte van die Parys-ooreenkoms oor klimaatverandering, moet dringend en gesamentlik opgetree word om die oseane te vernuwe.