Wêreld polariseer al meer, VSA waarsku China (weer)

Dit wil voorkom asof die oorlog in die Oekraïne uitbrei met ‘n diplomatieke herrie wat ontketen is tussen China en die VSA en die wêreld wat al hoe meer polariseer tussen Oos en Wes. Amerikaanse intelligensie dui daarop dat China dit oorweeg om wapens en ammunisie aan Rusland te verskaf. Dit sou volgens Antony Blinken, die minister van buitelandse sake, ‘n ernstige probleem wees. Blinken sê hulle is lankal bekommerd dat China wapens aan Rusland sal verskaf. Dit kom na die herrie rondom die sogenaamde spioenasieballon. Blinken het China oor die verskaffing van wapens gewaarsku.