Wenner van Nobelprys vir Fisika doen baanbrekerswerk oor klimaatsverandering

Die wetenskaplikes Syukuro Manabe, Klaus Hasselmann en Giorgio Parisi het die Nobelprys vir Fisika ontvang vir hulle baanbrekerswerk om klimaatsverandering te voorspel, asook hulle begrip van ingewikkelde fisiese stelsels. Manabe en Hasselmann is vereer vir die fisiese voorstelling van die aarde se klimaat, versyfering van veranderlikheid en betroubare voorspelling van aardverwarming. Parisi word vereer vir sy ontdekking van die wisselwerking in wanorde en skommelinge in fisiese stelsels van atoom- tot planetêre vlak.