Welwitschias verloor openingswedstryd in Mzanzi Challenge

Die Border Bulldogs het hul eerste wedstryd in die Mzansi Challenge provinsiale rugbyreeks gewen en die Windhoek Draft Welwitschias met 26-21 in Mdantsane, Oos-Londen, geklop. Die span was reeds teen rustyd met 18-14 voor. Die Welwitschias speel weer volgende Saterdag, 1 April, teen die SWD Eagles op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad.