Welwitschias is gereed vir Saterdag

Voorbereidings vir die Windhoek Draught Welwitschias se wedstryd teen Argentinië-A vorder goed. Die wedstryd word Saterdag gespeel en is die openings-wedstryd van die Wêreldrugby-nasiesbeker in Montevideo, Uruguay. Die span word gelei deur kaptein Johan Deysel met Torsten van Jaarsveld as onder-kaptein met oud-Leeu Tiaan Swanepoel as losskakel. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Rugby-unie, John Heyns, sê die span is uiters opgewonde vir die drie kragmetings wat by die toernooi voorlê.