Weggooi-babas: Aborsie is nie ‘n oplossing nie

ProLife Namibia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hul standpunt op berigte dat 234 babas sedert 2016 weggegooi is. Sasha Louw van die organisasie, sê aborsie is nie die antwoord om hierdie probleem op te los nie maar, ‘n tekort aan opvoeding, die voorkoms van armoede en ‘n gebrek aan ondersteuning veroorsaak die probleem en dus, moet die probleme eerder aangespreek word.