Weet jy dat Brakkenjan taalvaardig is?

Navorsers in Hongarye het bevind dat honde tussen tale kan onderskei. Die span het dele van die storie, Die Klein Prinsie, in Spaans en Hongaars vir 18 honde gespeel en hulle breinreaksie gemonitor. Dit is die eerste navorsing wat toon dat nie-menslike breine tussen tale kan onderskei. Honde tel ouditiewe patrone van die taal waaraan hulle blootgestel word op, en reageer anders op bekende tale as op ‘n heel onbekende taal. Die navorsers het ook bevind dat hoe ouer die hond, hoe meer taalvaardig is hy.