Wayde van Niekerk vyfde in 400 meter

Atletiek: Wayde van Niekerk kon nie daarin slaag om vanoggend ‘n medalje te verower by die Wêreld Atletiek-kampioenskap in Eugene, Oregon, in Amerika nie. Die Suid-Afrikaner en houer van die wêreldrekord in die 400 meter vir mans het vyfde klaargemaak.  Die goue medalje is ingepalm deur Michael Norman van Amerika  met ʼn wentyd van 44,29 sekondes. Van Niekerk se tyd was 44,97 sekondes. Hy het die afgelope paar jaar met beserings gesukkel.