Wayde is deur, Caster kwalifiseer nie

Die wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, is deur na die 400 meter-eindronde vir mans by die Wêreld-atletiekkampioenskappe in Eugene, Oregon in die VSA. Hy het tweede geëindig in die derde halfeindronde in ‘n tyd van 44,75-sekondes, om sy eerste eindronde sedert 2017 te bereik. Intussen kon Caster Semenya in haar eerste verskyning in vyf jaar by ‘n wêreldkampioenskap, nie vir die vroue se vyf-duisend-meter-eindronde kwalifiseer nie. Sy het 13de by die Hayward Field geëindig.