Wawrinka een van Aussie Ope promotorskeuses

Tennis: Die driemalige Grand Slam-kampioen Stan Wawrinka is ‘n promotorskeuse vir die Australiese Ope in Melbourne. Die 39-jarige Switser het die toernooi in 2014 gewen, maar voortdurende beserings het daarna verhoed dat hy ver kon vorder. Agt Australiërs is ook promotorskeuses, insluitend Daria Saville en Ajla Tomljanovic. Die Chinese veteraan Zhang Shuai en Kasidit Samrej van Thailand is vroeër op dieselfde manier in die hooftrekking ingesluit nadat hulle die uitspeelwedstryde van die Asië-Stille Oseaan-toernooi gewen het. Die eerste Grand Slam van die jaar begin op 12 Januarie.