Watervoorsiening: Uutoni sê hulle werk aan ‘n oplossing

Die opdrag dat munisipaliteite gratis water aan inwoners tydens die Covid-pandemie voorsien, het veroorsaak dat inwoners se waterrekeninge ophoop en dit moeilik vir sommige individue is om hul rekeninge terug te betaal. Dit het daartoe gelei dat munisipaliteite NamWater 1,2 miljard Namibiese dollar skuld. Erastus Uutoni, die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling, sê die opdrag is steeds van krag maar daar word aan ‘n oplossing in hierdie verband gewerk.