Waterstof-energie: Ons plaas al ons eiers in een mandjie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kwartaallikse ekonomiese hersiening vir die laaste kwartaal van 2021 bekend gemaak. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, sê dis alles goed en wel dat die regering klem lê op waterstof-energie maar, dat dit nie goed is om al jou eiers in een mandjie te plaas nie.