Waterskuld neem toe by plaaslike owerhede

Talle plaaslike owerhede regoor die land het groot uitdagings met hoë waterverbruik as gevolg van die opdrag deur die ministerie van stedelike ontwikkeling dat water aan alle inwoners tydens die pandemie moet verskaf word. Die destydse minister Peya Mushelenga het verlede jaar Maart die opdrag gegee. Intussen neem waterskuld regoor die land toe maar dorpsrade mag nie dienste opskort nie. Die kabinet het ook tot op hede, geen terugvoer aan NamWater gegee oor sy voorgestel tariefverhoging nie en dus, eis die waterverskaffer betaling van uitstaande skuld by plaaslike owerhede wat talle nie in ‘n posisie is om te betaal nie, veral ook omdat daar reeds historiese skuld is.