Waterpomp-, sonpaneel-diefstal ‘n ernstige probleem
Daar is toenemende kommer onder kommunale en private boere in die Outjo- en Otjiwarongo-distrikte oor sindikate wat waterpompe en sonpanele steel. Die landbouministerie het die afgelope jaar ‘n aansienlike verlies van 120 miljoen Namibiese dollar se toerusting weens diefstal en vandalisme aangemeld. Lynminister Calle Schlettwein beklemtoon dat die steel van items ‘n totale verlies aan diens vir gemeenskappe veroorsaak, aangesien boorgate wat geboor is om water aan hierdie gebiede te verskaf, nou onbruikbaar is. Schlettwein versoek owerhede om saam te werk om sulke misdade te voorkom en om die skuldiges vas te trek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, wat meer inligting gee.