Wateronderbrekings vind weer die naweek plaas met werk aan Okh-Whk pyplyn

Inwoners van Stad Windhoek word daaraan herinner dat daar weer vanaf môrenamiddag tot Sondag, herstelwerk aan die pyplyn van Von Bachdam na Windhoek gedoen sal word. Boorgate sal die stad se reservoirs hervul maar, inwoners van Brakwater sal geen toegang tot water hê nie. Inwoners van die hoofstad word ook gemaan om spaarsamig met water te wees. Die hoof van NamWater, Abraham Nehemia, sê die instandhoudingswerk is uiters belangrik, veral met die onderbrekings wat vroeër vanjaar ervaar was op die pyplyn.