Waterlisensies en bemagtiging in SA steeds in die nuus
AfriForum in Suid-Afrika sê hy het omvattende opmerkings voorgelê oor die omstrede konsepregulasies oor watergebruik-lisensies. Die regulasies stel voor dat maatskappye wat aansoek doen om water te onttrek of te stoor, in die toekoms tot 75 persent aandele aan swart Suid-Afrikaners moet gee voordat hulle waterlisensies mag kry. Marais de Vaal van AfriForum sê alhoewel sekere elemente van die konsepregulasies nodig en prysenswaardig is, soos dat die aansoekproses vir waterlisensies versnel word, bevat dit ook ‘n magdom foute en teenstrydighede: