Water-ondersteuningsprojek vanmiddag geloods

Die Namibiese landbouministerie gaan vanmiddag drie-uur virtueel die Namibië Watersektor-ondersteuningsprojek van stapel stuur. Die doelwit is om volhoubare produksie en oordrag van waterbronne te hê om verbeterde toegang, kwaliteit en veilige drinkwater vir menslike en nywerheidsgebruik in landelike en stedelike gebiede landwyd te hê. Dit sal slegs gebeur as in water- en sanitasie-infrastruktuur belê word wat sal lei tot verbeterde gesondheid en lewensbestaan van Namibiërs. Teopolina Tuyeni, die ministerie se openbare skakelbeampte, praat met Kosmos 94.1 Nuus.