Wat van verbruikersbeskerming?

Terwyl 15 nuwe wetsontwerpe vanjaar in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê sal word, is daar steeds geen teken van ‘n wetsontwerp op verbruikersbeskerming nie. Verbruikers word ietwat beskerm deur sommige mark-regulerende liggame en die Namibiese Mededingingskommissie, maar die publiek en aktiviste vra al lank vir ‘n omvattende wetsontwerp om verbruikers teen gewetenlose sakelui te beskerm. Eliphas Simon, voorsitter van Black Business Leadership Network van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die laaste poging om ‘n wetsontwerp op te stel.