Wat kan gedoen word aan toenemende tienerswangerskappe?
In Suid-Afrika het die DA dringende optrede teen die toename in tienerswangerskappe gevra. Volgens die party hou tienerswangerskappe dikwels verband met armoede, onvoldoende seksvoorligting en geslagsgeweld. Namibië worstel met dieselfde probleem. Net in die Ohangwena-streek is daar tussen Januarie 2022 en April vanjaar 9 000 gevalle aangemeld. Die ma’s was almal onder 19. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis Ethne Mudge gesels oor die ongelooflike toedrag van sake, en wat daaraan gedoen kan word.