Wasserfall-verdagtes verskyn dalk, dalk nie

Die twee verdagtes in die moord van Shannon Wassefall is moontlik vandag terug in die hof op Walvisbaai. Junior Mulundu en Azaan Madisia, word aangekla van die moord van Wasserfall, 22. Madisia en haar jonger broer is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Daar word aangevoer dat hulle haar in April verlede jaar vermoor het en haar liggaam in ‘n vlak graf net buite die kusdorp begrawe het. Volgens die staat het Mulundu sy ouer suster gehelp om Wasserfall se liggaam te versteek. Die saak het opslae gemaak en gelei tot verskeie protesaksies, aan die kus sowel as in die hoofstad. Die twee sou ‘n borgaansoek gebring het op 25 Junie wat weens Covid uitgestel is. Beide is steeds in aanhouding soos Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie verduidelik.